Login to make your Collection, Create Playlists and Favourite Songs

Login / Register
GEEweek: Veroniq Getuienis
GEEweek: Veroniq Getuienis

GEEweek: Veroniq Getuienis

00:00:21
Report
Jare gelede het Oprah Winfrey gevra of daar behoeftige kinders in Suid-Afrika is wat baat sou vind by haar leerskool. Met die hand van God in aksie, is Veronique gekies as een van daardie kinders. Sy was destyds ook die hoofmeisie by Laerskool Generaal Nicolaas Smit. Sy het in baie behoeftige omstandighede groot geword. Vandag, met trots en dankbaarheid, deel ons dat Veronique, saam met nog twee dogters uit ons Pretoria-Wes-gemeenskap, haar matriekjaar in 2019 voltooi het en toe reeds toelating tot die Universiteit van Pretoria (Tukkies) ontvang het. In 2021 is sy opgeneem in Goue Sleutel (Golden Key), die wêreld se grootste universiteits-erevereniging. Lidmaatskap van die vereniging is slegs op uitnodiging en word toegeken aan die top 15% van tweede-, derde- en finalejaarstudente aan kolleges en universiteite, asook toppresterende nagraadse studente, gebaseer op hul akademiese prestasies. In 2023 het Veronique ’n “Dean’s Merit Award” ontvang – ’n besondere akademiese erkenning.

GEEweek: Veroniq Getuienis

View more comments
View All Notifications