
KLETS is waar jy moet wees vir jou daaglikse dosis oor alles wat saak maak. Hier "beklets" ons van die grootste nuusgebeure en nuutste temas of tendense wat ons wêreld vorm. Ons "kletsers" is nie bang om 'n bietjie omstrede te wees nie, en "beklets" dinge vanuit 'n aweregse hoek waar jy soms sal dink, lag, dalk 'n traan pik maar verseker nie altyd sal saamstem nie. Kom klets saam op Afrikaans.Radio!
May 21, 2025
In hierdie KLETS-episode kom kuier Dr Micki Pistorius op Matthys e bank en hul bespreek die donkerste gangetjies van die menslike psige – spesifiek dié van Kelly Smith, die ma van die 6-jarige Joslin Smith wat in Februarie 2024 in Saldanha verdwyn het.
Joslin is nog nie gevind nie. Maar Kelly is reeds skuldig bevind aan mensehandel en ontvoering, en haar vonnis word op 29 Mei 2025 opgelê.
Wat dryf ’n ma tot so ’n daad? Is dit boosheid? Gebrokenheid? Of ’n desperate brein wat onder ekonomiese en emosionele druk ineenstort?
Dr Micki Pistorius – forensiese sielkundige, neurosielkundige, en een van Suid-Afrika se bekendste misdaadkenners – help ons verstaan wat moontlik agter hierdie ondenkbare daad lê.
Maar dis nie al wat in Suid-Afrika aan die gang is nie. Dis koud, en Cyril is op toer – eers Nampo toe, toe Trump toe. Intussen moet Minister Godongwana êrens miljarde optower in Begroting 3.0 Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
00:00:50
May 14, 2025
In hierdie week se KLETS-episode be-klets Colene en Matthys die week se chaos, satire en pure werklikheid met rizz en ’n ekstra sterk battery pack (want ja, loadshedding is terug).
Charlize Theron het dit jare terug gesê: daar’s net 44 Afrikaanse mense oor in die land. En nou, ironies genoeg, het die 44 en hul 5 vriende toe hul pad na die VSA gevind. In daai gees het Cyril Ramaphosa besluit om ná 20 jaar die “ander Afrikaner” te gaan besoek – by Nampo, nogal. Is dit ‘n opregte poging tot verbinding, of net nog ’n slim PR oomblik?
Maar wag, Cyril het nou ook besluit om vir Donald Trump te gaan hallo sê in die Withuis, om die “ware verhaal van Suid-Afrika” te vertel – of dalk net die ANC se weergawe daarvan. Trump klink glad nie opgewonde nie, en wonder hardop of Cupcake ooit die GPS reg gaan stel… want kom nou, die man kry nie eens sy iPad nie.
En van tassies pak gepraat – volgens ’n nuwe meningspeiling is daar ’n duidelike lys van lande waarheen mense wil emigreer. Maar wie’s boaan? En waar lê Suid-Afrika?
Dan ontplof daar ‘n storie reg uit ’n Netflix-reeks: die “Gay Cocaine Brotherhood” van in Europa.
Verder maak die nuwe pous sy verskyning, en volgens sy boetie het hulle as kinders nie “dokter-dokter” gespeel nie, maar “pous-pous”.
Colene gee vir ons ’n les in Gen Z-woordeskat, van “rizz” tot “sigma” – alles wat jy nodig het om hip te klink.
As jy op soek is na opinies, satire en "bussin" insigte, is hierdie KLETS vir jou. Want in Suid-Afrika is die lyn tussen grap en werklikheid fyn… of glad nie daar nie. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
00:00:58
May 14, 2025
In hierdie week se KLETS-episode be-klets Colene en Matthys die week se chaos, satire en pure werklikheid met rizz en ’n ekstra sterk battery pack (want ja, loadshedding is terug).
Charlize Theron het dit jare terug gesê: daar’s net 44 Afrikaanse mense oor in die land. En nou, ironies genoeg, het die 44 en hul 5 vriende toe hul pad na die VSA gevind. In daai gees het Cyril Ramaphosa besluit om ná 20 jaar die “ander Afrikaner” te gaan besoek – by Nampo, nogal. Is dit ‘n opregte poging tot verbinding, of net nog ’n slim PR oomblik?
Maar wag, Cyril het nou ook besluit om vir Donald Trump te gaan hallo sê in die Withuis, om die “ware verhaal van Suid-Afrika” te vertel – of dalk net die ANC se weergawe daarvan. Trump klink glad nie opgewonde nie, en wonder hardop of Cupcake ooit die GPS reg gaan stel… want kom nou, die man kry nie eens sy iPad nie.
En van tassies pak gepraat – volgens ’n nuwe meningspeiling is daar ’n duidelike lys van lande waarheen mense wil emigreer. Maar wie’s boaan? En waar lê Suid-Afrika?
Dan ontplof daar ‘n storie reg uit ’n Netflix-reeks: die “Gay Cocaine Brotherhood” van in Europa.
Verder maak die nuwe pous sy verskyning, en volgens sy boetie het hulle as kinders nie “dokter-dokter” gespeel nie, maar “pous-pous”.
Colene gee vir ons ’n les in Gen Z-woordeskat, van “rizz” tot “sigma” – alles wat jy nodig het om hip te klink.
As jy op soek is na opinies, satire en "bussin" insigte, is hierdie KLETS vir jou. Want in Suid-Afrika is die lyn tussen grap en werklikheid fyn… of glad nie daar nie. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
00:00:58
May 07, 2025
Afrikaans word 100 en Colene word… wyser!
In hierdie feestelike, pittige én ernstige KLETS-episode vier ons 100 jaar van Afrikaans as amptelike taal én Colene se verjaarsdag – alles op een slag! Maar moenie dink dis net koek en konfetti nie.
Matthys en Colene sit om die tafel met Yolanda Barnard-Lemmer, joernalis, dosent in joernalistiek en een van die stemme wat nie bang is om eerlik oor Afrikaanse media, taal en identiteit te praat nie. Yolanda deel haar perspektief oor die stand van Afrikaanse joernalistiek, die uitdagings wat dit in ‘n digitale en polities gelaaide wêreld in die gesig staar, en haar eie “eksistensiële Afrikaner-krisis.” Is daar nog plek vir eerlike, vlymskerp Afrikaanse stories in ‘n wêreld van clickbait en partydigheid?
Terwyl ons Afrikaans vier, wonder ons ook: waarheen is die taal op pad? Kan dit groei buite sy tradisionele grense, of is dit besig om stilletjies agteruit te boer? Yolanda bring ‘n kombinasie van kritiese nadenke en diep liefde vir die taal.
Intussen channel Colene haar innerlike Meghan Markle op die vooraand van haar verjaarsdag. Ons kyk ook na die regering se poging om dit te “vat” met VAT wat toe nie heeltemal "gevat" het nie. Maar die effek van die regering se onbeholpenheid raak besigheid Suid-Afrika se sakke, maar gelukkig is die Suid-Afrikaner aangenaame mense – volgens ‘n onlangse studie.
Ons sluit af en praat ons oor die winter wat voorlê, Colene deel ‘n paar warm idees van plekke om te besoek.
Dis ‘n episode vol woorde, wysheid en warmte. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
01:26:42
Apr 23, 2025
In hierdie KLETS-episode gesels ons met Dr Rianne van Vuuren, toekomskundige en horison-skandeerder by die Instituut vir Toekomsnavorsing in Stellenbosch, oor wat die toekoms vir Suid-Afrika - en vir ons almal – moontlik inhou.
Rianne stel ook sy potgooi bekend, “Môre onder die Soeklig”, wat vanaf Maandag, 28 April 2025, beskikbaar sal wees op Afrikaans.Radio. Dié reeks bied ’n vars blik op moontlikhede, tendense en tegnologieë wat ons toekoms vorm – van hommeltuie tot die toekoms van demokrasie en nog baie meer.
Ons KLETS met Rianne oor kunsmatige intelligensie (en nie inseminasie nie), die toekoms van die ekonomie, alternatiewe vleis, en hoe horison-skandering gebruik word om ons voor te berei vir wat voorlê of waar geleenthede skuil.
Verder bespreek ons die jongste ontwikkelings in die politiek en nuus:
• Die VAT-hofsaak wat dalk meer as net belasting impliseer
• Cyril Ramaphosa se besluit om ’n wit Afrikaner man na die VSA te stuur om bande met Trump se span te herstel, terwyl die voorgestelde 4%-kwota vir wit mans in die werksmag onlangs gepubliseer is
• Die afsterwe van die Pous, en wat die volgende dae behels tot ’n nuwe een verkies word
• ’n Paar van die mees interessante en onlangse navorsingsprojekte wat tans werk aan die wêreld van môre
Dis toekomsnavorsing, realiteit, politiek en ’n kyk na wat wag om die volgende hoek.
Luister nou en verbreed jou horisonne en denke vir môre.
Jy kan met Dr Rianne van Vuuren kontak maak by - riannevanvuuren@gmail.com Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
01:33:45
Apr 16, 2025
In hierdie week se KLETS wonder ons: Gaan die VAT vat, of gaan hy nie vat nie? Met net ’n paar dae oor voor die beplande 0.5% BTW-verhoging op 1 Mei, is daar steeds geen duidelikheid nie. Die ANC se plan het groot teenstand in die parlement gekry, en daar is berigte dat hulle dalk die verhoging gaan laat vaar. Intussen het baie besighede reeds hul kliënte ingelig oor die verhoging, en die onsekerheid laat almal kopkrap.
Ons kyk ook na die jongste IRR-opname, wat wys dat die DA nou voor die ANC is in kiesersondersteuning – ’n eerste in die geskiedenis. Die MK-party en die EFF toon ook groei, wat dui op ’n politieke landskap in beweging. Dit lyk of kiesers al meer fokus op brood-en-botter-kwessies eerder as op rasgebaseerde politiek.
Dan is daar die aanstelling van Mcebisi Jonas as Suid-Afrika se spesiale gesant na die VSA. Jonas, tans voorsitter van MTN, is aangewys om die bande tussen Pretoria en Washington te herstel nadat die vorige ambassadeur, Ebrahim Rasool, deur die Trump-administrasie uitgesit is. Maar Jonas se eie geskiedenis – insluitend sy 2020-toespraak waarin hy Trump as ’n “rassistiese, homofobiese en narsistiese regse” beskryf het – maak sy aanstelling kontroversieel. Voeg daarby MTN se betrokkenheid by ’n Amerikaanse terrorisme-regsgeding, en jy het ’n diplomatieke hoofpyn van formaat.
Dis ’n week van belasting-onsekerheid, politieke verskuiwings en diplomatieke drama. Ons ontleed dit alles met die gebruiklike KLETS-humor en insig.
Luister nou – voor die BTW jou begroting beetkry en die politieke verskuiwings en moontlike diplomatieke drama jou soos griep plattrek. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
00:00:39
Apr 09, 2025
In die KLETS-episode van 9 April 2025 sit ons saam met Neil de Beer, president van die United Independent Movement (UIM) en politieke kommentator met ’n voet in baie politieke binnekamers.
Ons gesels oor die toestand van die GNU, en veral die ANC-DA huwelik wat nou meer na ’n egskeiding sonder gemeenskap van goedere lyk. Is hierdie alliansie volhoubaar of oppad na ’n lelike politieke egskeiding?
Neil deel sy eerlike, ongefilterde insigte oor:
- Wat regtig in die GNU gebeur agter geslote deure
- Die verhouding tussen die ANC en DA
- Wat die MK-party se werklike strategie is
- En wat Suid-Afrikaners kan verwag as MK aan bewind sou kom
Maar – soos ons vir Neil ken – bring hy ook sy passie vir die land, sy hoop vir ons mense, en ’n bietjie inspirasie tussen al die chaos.
Dis ’n gesprek wat jou laat dink, laat wonder, en dalk selfs laat glo dat ons nog nie die stryd verloor het nie. Hierdie episode is vir mense wat wil weet wat regtig aangaan in SA-politiek, sonder die propaganda – net eerlike perspektief en opinies. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
01:10:06
Apr 02, 2025
Hierdie week op KLETS rol ons die mat uit en bring ’n regte hou (of vyf).
Ons gesels met Stephanie Graham, Colene se Jiu-jitsu afrigter. Stephanie het onder andere 'n swart gordel in karate, blou beld in Jui-jitsu en is 'n trauma-informed coach asook voltydse Gracie-legende by die Gracie Jiu-jitsu sentrum in Fourways, Johannesburg. Sy leer kinders hoe om boelies te counter in die BullyProof® program, help vroue hul krag vind met Women Empowered®, en glo: jy is die moeite werd om jouself te verdedig – selfs al dink jy nie so nie.
Ons praat oor:
- Waarom selfverdediging nie net oor balkei gaan nie, maar oor die regte mindset
- Wat 'n mens op die mat leer wat jou lewe kan verander
- Waarom elke vrou haar plek op én van die mat moet volstaan
- En hoekom Jiu-jitsu jou nie net leer hoe jouself te verdedig nie – maar hoe om te leef met selfvertroue, kalmte, krag en bewustheid
Ons kyk ook aan die ontstellende ontvoeringsyfers in Suid-Afrika – statistieke waaroor min gepraat word in hoofstroommedia, maar wat elke ouer, vrou en burger behoorlik moet wakker skud. Selfverdediging is nie ’n nice-to-have nie, dis nou noodsaaklikheid.
Stephanie bring nie net tegniek nie – sy bring transformerende insigte. Letterlik én figuurlik.
Dan rol ons van grondgreepe na geldsorge – die 2025-begroting stemdag wag vir ons op 2 April en dan sal ons hoor wie in die Regering van Nationale Eenheid (RNE) het die sterkste "Arm Lock". Of het die regering ons weer in 'n "Rear Naked Choke"
Verder:
- ’n ou in Johannesburg met ’n baie unieke besigheid, en
- ’n 66-jarige vrou wat haar 10de kind kry – #fiks
Dis hoe ons rol in vandag se KLETS. Gracie Jiu-jitsu® Fourways. · Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
01:18:25
Mar 26, 2025
In hierdie week se KLETS-episode kyk ons terug op ’n week waar alles van politieke vuurpyle tot persoonlike filosofieë op die tafel beland het. Die span ontleed die nuus wat almal laat kop krap het – en Colene deel haar teorie oor hoekom die wêreld nou meer van sy kop af is as ooit tevore. We listen and we don’t judge… maar dit lyk of Matthys amptelik in grumpy old man-mode ingeskuif het.
Ons begin by Human Rights Day, wat verlede Vrydag, 21 Maart 2025, gevier is in Suid-Afrika – of liewer, ontwrig is, toe Julius Malema besluit het om weer uit te haal met een van sy gunsteling “songs”. En ja, dit het meer petrol as vrede op die vuur gegooi. Gelukkig was Cyril betyds met sy weeklikse nuusbrief, waar hy ons grondwetlik herinner dat rassehaat en aanhitsing steeds ongrondwetlik is. Dankie tog vir Cyril se “copy-paste” kalmte en rustige benadering tot alles.
Net toe jy dink dis genoeg raspolitiek vir een week, bring die Instituut vir Rasseverhoudings (IRR) hul “No More Race Laws Bill” – ’n poging om alle wetgewing met ras-kriteria te herroep of aan te pas. Dis reg – weg met kwotas, rasbokse en voorkeurteikens. Gaan lees en teken die petisie self hier: https://irr.org.za/whatsacanbe/no-more-race-laws
Ons gesels ook oor die BizNews Conference, waar Helen Zille, Neil de Beer, Gayton McKenzie en Rob Hersov darem ’n tikkie hoop vir die toekoms gebring het. Vir ’n oomblik het dit gevoel of Suid-Afrika dalk nie heeltemal verlore is nie. Maar dan sal die individue, groepe en stemme wat sin maak en ‘n beter toekoms vir ieder en elk sien in Suid-Afrika moet moue oprol en saam staan teen die “common enemy” of is die dalk eerder “kommin” met ‘n hoofletter K!
Ons sluit af met wat onteiening die belastingbetaler gekos, en Volvo se nuus. Spoiler alert: dis nie ’n bargain nie..
Dis insig, ironie, opinies en KLETS. IRR’s - · BizNews - Youtube Kanaal · Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
00:00:59
Mar 19, 2025
In hierdie KLETS-episode bespreek ons die jongste diplomatieke drama tussen Suid-Afrika en die VSA. Die VSA het pas die Suid-Afrikaanse diplomaat Ebrahim Rasool as ‘persona non grata’ verklaar – ’n stap wat nie net opslae maak nie, maar ook vrae ontketen oor die toekoms van bilaterale betrekkinge tussen die twee lande.
Om hierdie verwikkelinge beter te verstaan, het ons gesels met Gert Grobler, ’n gesoute diplomaat met byna vier dekades se ervaring in internasionale betrekkinge. Hy het Suid-Afrika in verskeie lande verteenwoordig, insluitend Duitsland, die VSA, die VK, Spanje, Japan, Madagaskar en Angola, en was ambassadeur in Spanje, Japan en Madagaskar. Hy het senior poste in DIRCO beklee en bly steeds ’n aktiewe stem in diplomatieke kringe.
Maar wat beteken dit regtig om ‘persona non grata’ verklaar te word? Is dit net ’n simboliese klap, of is dit ’n teken dat Suid-Afrika se verhouding met die VSA besig is om ernstig te versuur? Moet ons bekommerd wees, of is die VSA regering dalk net bietjie te sensitief?
Hierdie voorval kom op ’n strategiese tydstip, aangesien Suid-Afrika tans die voorsitter van die G20 is. Dit laat ons wonder: Hoe gaan hierdie spanning Suid-Afrika se invloed in globale besluite beïnvloed? Word ons gesien as ’n diplomatieke swaargewig, of steeds ’n land wat sukkel om sy plek in die wêreldorde te behou?
Dan vra ons die groot vraag: Wat staan die Suid-Afrikaanse regering nou te doen? Is daar ’n plan om die verhouding met die VSA te red, of moet ons maar vrede maak met die feit dat dinge net nog moeiliker kan raak?
Verder kyk ons na hoe hierdie krisis Suid-Afrika se internasionale beeld, handelsbetrekkinge en diplomatieke strategie beïnvloed.
Dis politiek, diplomasie en die groot speletjies wat agter die skerms gespeel word.
Luister nou en kry ’n insiggewende blik op Suid-Afrika se jongste internasionale tamaletjie! Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
01:04:50
Mar 12, 2025
Colene se stem is terug net betyds vir ‘n baie belangrike Woensdag – die dag waarop die begrotingsrede 2.0 uiteindelik in die parlement voorgelê word. Wie het die armdrukgeveg binne die Regering van Nasionale Eenheid gewen? Het die ANC geswig onder die druk van sy koalisievennote, of is hierdie begroting net nog ‘n kompromie wat niemand tevrede gaan stel nie?
Intussen is Cyril Ramaphosa weereens geskok, verbaas en verstom – die keer oor die toestand van Johannesburg. Regtig, Cyril? In watter land bly jy? Was jy onlangs in Luthuli House, of is dit net gerugte dat die ANC se NEC nog daar vergader?
Gayton McKenzie is terug in die nuus met ‘n nuwe kontroversiële aanstelling-beleid. Hy wil nou blankes en kleurlinge in sy departement aanstel. Maar is dit ‘n revolusionêre plan om balans te bring, of net nóg ‘n politieke gier om sy naam in die hoofopskrifte te hou?
Intussen bly Elon Musk se status as ‘n ware Suid-Afrikaner onder verdenking. Hy is blykbaar nie “swart genoeg” vir sekere voordele nie, maar die Chinese word wel as swart gekwalifiseer in Suid-Afrika. Nou lyk dit of ons dalk nie Starlink nie, maar China se weergawe – SpaceSail – in SA kan verwelkom. Want as daar een ding is wat ons weet, is dit dat die regering baie lief is vir Chinese geld.
En dan is daar die kunswêreld wat wéér mense laat kopkrap – ‘n vegetariër het varkies sonder kos en water opgestuit as deel van ‘n kunsuitstalling. Alles om nog 'n woke statement te maak.
Van ‘n moontlike chaotiese begroting en Cyril se ontnugtering, Chinese internet en ‘n man met ‘n baie duur dieet – hierdie KLETS-episode is nie vir sensitiewe luisteraars nie.
Sit jou veiligheidsgordel aan en watch hierdie move! Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
00:00:51
Mar 05, 2025
Suid-Afrika se ekonomiese en politieke landskap is op ‘n breekpunt, en hierdie week se KLETS-episode kyk ons na die kwessies wat die Rand en internasionale verhoudings beïnvloed. Matthys gesels met Andre Cilliers, hoofvalutarisiko-strateeg by TreasuryOne, oor hoe die begrotingsrede op 12 Maart ons finansiële toekoms kan vorm.
Die begroting is reeds vertraag en die onsekerheid groei. Sal die Minister van Finansies ‘n realistiese plan aanbied om Suid-Afrika se skuldkrisis en ekonomiese stagnasie aan te pak, of is hierdie net nog ‘n poging om ‘n sinkende skip te patch? Andre gee sy insigte oor belasting, fiskale strategie en hoe dit jou sak raak.
Maar daar is méér as net binnelandse ekonomie wat ons beursies beïnvloed. Suid-Afrika se diplomatieke houdings het ons reeds in ‘n ongemaklike posisie geplaas en die spanning bou. Die Withuis is in rep en roer na ‘n uitval tussen Donald Trump en Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky – ‘n diplomatieke ramp wat wêreldwyd skokgolwe veroorsaak. Dit plaas Suid-Afrika in ‘n nog moeiliker posisie, veral as Ramaphosa aanbevelings ontvang om nié vir Trump te gaan kuier nie.
Trump se terugkeer na die Withuis bring onsekerheid oor Amerikaanse handelsverhoudinge met Suid-Afrika. Gaan hy harder slaan op lande wat nie sy geopolitieke sienings deel nie? Wat beteken dit vir AGOA en internasionale beleggings? Andre breek dit af en verduidelik hoe ‘n Amerika-gesentreerde ekonomiese beleid Suid-Afrika en ander ontwikkelende lande kan beïnvloed.
Intussen is die Regering van Nasionale Eenheid nog in ‘n toetsfase. Beleggers kyk skepties na hoe hierdie politieke eksperiment ‘n impak het op beleidsbesluite en of dit werklik ekonomiese stabiliteit bring. Kan hierdie RNE regering in sy huidige vorm volhou, of is ons besig om in ‘n nog groter politieke en finansiële moeras in te sink?
Asof dinge nie alreeds onstuimig genoeg is nie, het hoogverraad-klagtes teen AfriForum en Solidariteit skokgolwe deur die land gestuur. Wat beteken hierdie regstryd vir burgerlike organisasies en Suid-Afrika se demokrasie? Is dit bloot politieke speletjies, of lê daar ‘n ernstiger agenda agter hierdie beweerde staatsgevaar?
Van ‘n onstuimige ekonomiese toekoms, ‘n internasionale diplomatieke storm en plaaslike politieke drama, tot die impak wat dit op gewone Suid-Afrikaners se sakke en vryhede het. TreasuryONE · Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
00:00:45
Feb 25, 2025
In hierdie episode van KLETS sit ons om die tafel met die veelbekroonde aktrise en teatervervaardiger Lizz Meiring. Met ’n loopbaan wat dekades strek en ’n bynaam soos “Bizzie Lizzie”, is sy die perfekte persoon om lig te werp op die huidige stand van die uitvoerende kunste in Suid-Afrika.
Ons KLETS oor die geveg tussen die Suid-Afrikaanse Gilde vir Akteurs (SAGA) en die staat oor die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg en die Wysigingswetsontwerp op die Beskerming van Uitvoerende Kunstenaars.
Hierdie wetsontwerpe, wat in Februarie 2024 deur beide huise van die Nasionale Vergadering goedgekeur is, het ten doel om die Outeursregwet van 1978 op te dateer en uitvoerende kunstenaars se morele en ekonomiese regte te beskerm. Lizz, as ’n aktiewe lid van die bedryf, deel haar persoonlike ervarings en perspektiewe oor hoe hierdie wetgewing kunstenaars se lewens kan beïnvloed. Sy beklemtoon die noodsaaklikheid van behoorlike vergoeding en erkenning vir kunstenaars se werk en hoe ’n positiewe hofuitspraak die bedryf kan transformeer.
Verder bespreek ons die rol van die Teater Bystandsfonds (TBF), ’n welsynsorganisasie wat daarop gemik is om individue in die uitvoerende kunste te ondersteun. Die TBF, wat as ’n Openbare Voordeelorganisasie geregistreer is, bied hulp aan professionele persone in die teater-, film-, radio- en televisiebedrywe. Lizz lig die belangrike werk uit wat die fonds doen om kunstenaars by te staan in tye van nood.
Laastens vertel Lizz meer oor haar jongste vertoning, “Afrikaans 100”, wat op 9 Maart by die Kleine Skuur Teater in Pretoria tesiene sal wees. Sy gee ook ’n voorsmakie van haar opwindende projekte vir 2025—want “Bizzie Lizzie” bly nooit stilsit nie!
Van regsgevegte en kunsbystand tot nuwe produksies en die toekoms van ons industrie—hierdie episode is vir almal wat lief is vir die uitvoerende kunste en die mense wat dit moontlik maak.
Luister nou en kry ’n binnekamerblik agter die skerms van die uitvoerende kunste!
Wil jy weet hoe om die Teater Bystandsfonds te help? Besoek https://tbfza.co.za/home.html.
Lizz Meiring se nuutste vertoning, Afrikaans 100, is op Sondag, 9 Maart 2025, by die Kleine Skuur Teater te sien. Die vertoning begin om 13:00 (deure open om 12:00) en kaartjies kos R150. Besprekings kan via WhatsApp gedoen word by 062 706 6522. Teater Bystandsfonds · Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
00:00:01
Feb 19, 2025
In die KLETS-episode gesels Matthys en Colene met die sjamaan Ahanu, van Namaskar Wellness Hub in Johannesburg, oor sjamanisme en wat dit beteken om ’n sjamaan te wees.
Is dit net rook, kristalle en spiritualiteit, of is daar dieper wysheid agter hierdie eeue-oue praktyk? Ahanu verduidelik hoe energiegenesing en bewuste bewustheid mense kan help op hul lewenspad en hoekom hierdie praktyk in ’n moderne wêreld nog so relevant is.
Ons plunge (ja, in yswater) reg in die wêreld van koue-terapie of "ice plunging". Hoekom gooi mense hulleself vrywillig in yskoue baddens? Is dit net ‘n trend of is daar werklik voordele vir jou liggaam en gees? Ahanu verduidelik hoe ice plunging spanning verlig, die immuunstelsel bevorder en jou geestelike balans verbeter.
Terwyl ons praat oor innerlike balans, verloor sommige ministers heeltemal hulle balans met hul absurde stellings. Van potholes tot poachers, Suid-Afrikaanse politici was die afgelope ruk in topvorm met kwytskeldings wat jou laat lag en huil op dieselfde tyd.
En dan is daar komkommers en pickles — die span se persoonlike ervarings van die afgelope naweek!
Om dinge af te sluit, spoel Matthys sy mond uit oor HIV/AIDS —’ n onderwerp wat steeds stigma dra, maar waaroor eerlik gepraat moet word.
Wil jy meer weet oor sjamanisme en koue-terapie? Kontak vir Ahanu van Namaskar Wellness Hub by https://namaskartmt.co.za/ of 081 773 4477.
Luister nou en maak gereed vir ’n wilde rit deur ys, spiritualiteit en Suid-Afrika se mees absurde politiek! Namaskar Wellness Hub · Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
00:00:48
Feb 12, 2025
In hierdie KLETS-episode sit Matthys en Colene met Neil de Beer, leier van die United Independent Movement (UIM) en een van die min manne wat nie bang is om dinge te sê soos dit is nie. Terwyl die weer buite dreun, gesels ons oor die onlangse politieke spanning tussen Pretoria en Washington.
Neil deel sy insigte oor Trump se uitvoerende bevel, wat gemik is op Suid-Afrika se nuwe onteieningswet en die rol van Suid-Afrika se saak teen Israel by die Internasionale Strafhof. Hy verduidelik die implikasies van hierdie beleidsbesluite en hoe dit Suid-Afrika se internasionale betrekkinge beïnvloed. En soos altyd, bring Neil sy kenmerkende humor saam—want as jy nie kan lag oor politiek nie, huil jy waarskynlik al klaar!
Ons bespreek ook die onlangse Staatsrede (SONA) en die Regering van Nasionale Eenheid (RNE). Neil gee sy perspektief op leierskap in hierdie uitdagende tye en die pad vorentoe vir Suid-Afrika. Hy deel sy persoonlike ervarings met Nelson Mandela, sy lesse oor versoening en leierskap, en hoe Madiba se wysheid steeds relevant is—iets wat nie van alle hedendaagse leiers gesê kan word nie.
Te midde van die politieke storms, beklemtoon Niel die noodsaaklikheid van daadwerklike optrede teen ongeregtigheid in Suid-Afrika. Hy deel sy planne en inisiatiewe om seker te maak dat geregtigheid vir alle Suid-Afrikaners seëvier. Sy passie en vasberadenheid is ’n inspirasie vir almal wat ’n verskil wil maak.
Met die weer wat buite dreun en die politieke weerlig wat slaan, bied hierdie KLETS-episode ’n insiggewende en kragtige gesprek oor Suid-Afrika se verhouding met die VSA en die toekoms van die land.
Luister nou, voor nóg ’n uitvoerende bevel opdaag! Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
00:00:01
Feb 05, 2025
In hierdie KLETS-episode gesels ons met Jaco Kleynhans, Hoof van Internasionale Skakeling by Solidariteit, oor die jongste “Trump-doring” in die ANC se vlees. Trump se uitsprake oor Suid-Afrika het opslae gemaak – maar is dit werklik ’n bedreiging, of is ons regering net bietjie te sensitief?
Jaco verduidelik die ware waarde van AGOA, nie net vir Suid-Afrika nie, maar vir Afrika as geheel. Wat beteken dit as Suid-Afrika hierdie handelsvoordele verloor? En wat sê sy kontakte in die Withuis oor ons land se diplomatieke speletjies? Moet Suid-Afrika begin paniekbevange raak oor sy posisie op die wêreldverhoog?
Maar moenie bekommerd wees nie, ons hou dit nie net by politiek nie! Wat is ’n goeie gesprek sonder ’n glas fyn wyn uit die bodem van Suid-Afrika? Die land se wynbedryf het een van die rykste geskiedenisse in die wêreld, en hoewel ons nie diep in die wynvate klim nie, klink dit darem na iets om te vier – ten minste solank ons dit nog kan uitvoer!
Cheers! Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
00:00:54
Jan 29, 2025
Daar is ’n land in die Suide waar jy moontlik jou grond sonder vergoeding sal moet opgee. Ja, jy het reg geraai – Suid-Afrika!
In hierdie KLETS-episode bespreek ons die Grondonteieningswet wat baie spekulasie laat opvlam. Wat is die werklike redes agter hierdie kontroversiële wetgewing? Is die honeymoon van die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) en nou verby? Wat is Cyril se rol in hierdie opspraakwekkende storie.
Intussen verloor Suid-Afrikaanse soldate hul lewens in die DRK. Lyk dit of ons elke keer ’n vars soldaat stuur vir elke gesneuwelde? Wat is die doel hiervan, en hoe lank kan Suid-Afrika aanhou in ’n konflik wat ons duidelik nie kan beheer of bekostig nie?
Is jy regtig ’n padvark agter die stuur, of is dit jou motor wat jou so laat optree? Nuwe navorsing wys dat sekere motors jou gedrag kan beïnvloed. Wetenskap? Skinderpraatjies? Ons bespreek die vreemde, maar interessante teorie.
Dis ’n episode vol spekulasie, drama en lekker tong-in-die-kies KLETS oor die kwessies wat ons almal raak. Luister nou en kom kry jou deel van die aksie! Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
00:00:57
Jan 22, 2025
In hierdie KLETS-episode van 22 Januarie 2025 praat ons oor ’n paar groot (en klein) gebeure wat die wêreld aan die gons het!
Donald Trump is terug in die Withuis, en op sy eerste dag as president het hy reeds begin om sy campaing beloftes uit te voer – iets wat die “woke democrats” heeltemal oor die muur en in die kleenex gegooi het. Love him or hate him, Trump het die wêreld weer op sy tone.
In Suid-Afrika, het ons ’n splinternuwe posseël. Maar wag – dit is nie so eenvoudig nie. Jy kan dit nie sommer orals koop nie, en ons vra die groot vraag: Wat is die punt as jy dit nie eens kan kry nie?
Hoe gaan dit met jou “Dry January”? En as jy op hierdie dae in enige maand verjaar, sê gerugte dat jy dalk eerder aan ’n “dry life” moet dink.
Hoe klim jy in jou kar? Ja, ons weet dit klink eienaardig, maar navorsing toon mans en vrouens klim op heeltemal verskillende maniere in. Wat sê hierdie interessante (en snaakse) klein narratief oor ons? Dis die tipe vraag wat net in ’n KLETS-episode kan opkom. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
00:00:55
Jan 15, 2025
2025 begin met sterrekyk soos nog nooit tevore! In hierdie KLETS-episode verwelkom Matthys en Colene ons in-house astrologer, Catherine Laurent, om die sterre en planete vir Suid-Afrika te ontleed.
Catherine het die sterrekaarte van agt van die land se bekendste politici ontsyfer en deel haar insigte oor wat die kosmos vir hulle in 2025 voorspel. Sal hulle die jaar op ’n melkweg van sukses deurbring, of wag daar ’n kosmiese kortsluiting op hulle?
Volgens die sterre is daar hoop dat die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) hierdie jaar oorleef, maar natuurlik nie sonder die nodige politieke “lovers quarrels” nie. Catherine voorspel 20 groot oomblikke wat Suid-Afrika hierdie jaar in beroering kan bring. Van ekonomiese hoop tot politieke drama — want dit ís mos Suid-Afrika after all.
Ons draai ook ons teleskope na die internasionale verhoog. Wat voorspel die sterre vir Donald Trump se Amerika? Hoe ontwikkel die Israel-Gaza-konflik en die Rusland-Oekraïne-oorlog?
En ja, ons het ook ’n voorsmakie van wat 2025 vir jou spesifieke teken voorspel. Die sterre ken die antwoord!
Dis ’n lekker lang KLETS met al die voorspellings, drama en humor wat jy nodig het om 2025 aan te pak. En as jy nou wonder wat die sterre oor jou spesifiek te sê het, kontak Catherine per WhatsApp by (079) 696-6740 en vind uit! Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
00:00:02
Dec 18, 2024
2024 was ’n jaar van groot politieke en ekonomiese omwentelinge! In hierdie KLETS-episode sluit Dawie Roodt, bekende ekonoom, en Piet Croukamp, politieke ontleder, by Matthys en Colene aan om die jaar se mees bepalende gebeure te bespreek. Ons delf diep in die vyf prioriteite wat tydens die Februarie 2024 SONA (State of the Nation Address) aangekondig is. Hoe het die regering gevaar in hierdie sleutelareas, en wat was die werklike impak op Suid-Afrikaners se lewens?
Een van die grootste politieke skuiwe van die jaar was die ANC wat sy parlementêre meerderheid verloor het, wat gelei het tot die vorming van die Regering van Nasionale Eenheid (RNE). Was hierdie nuwe politieke bestel net ’n oefening in krisisbestuur, of het dit enige werklike stabiliteit gebring? Ons bespreek hoe die RNE Suid-Afrika se ekonomiese groei, werkloosheid, en infrastruktuurontwikkeling beïnvloed het. Wat beteken hierdie veranderinge vir Cyril Ramaphosa se toekoms as ANC-leier, en kan hy sy posisie behou?
Internasionaal het Suid-Afrika die wêreld se aandag getrek met sy optrede teen Israel by die ICJ (International Court of Justice). Was hierdie skuif briljant diplomaties of bloot politieke teater? Ons analiseer die moontlike langtermynimpak op Suid-Afrika se internasionale verhoudings.
Dan is daar die herverkiesing van Donald Trump as president van die VSA. Wat beteken sy terugkeer vir Suid-Afrika, spesifiek vir die AGOA-handelsooreenkoms? Is hierdie ’n nuwe kans vir groei, of ’n struikelblok wat ekonomiese uitdagings vererger?
Ons sluit af met ’n blik op 2024 se wenners en verloorders. Wie het uitgeblink, en wie het teleurgestel? Met insigte en debate hierdie episode propvol waarde as jy wil verstaan hoe 2024 Suid-Afrika se toekoms vorm. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
01:07:35